Share Bookmark
Guillaume Henry Bossau

Guillaume Henry Bossau

Male Abt 1716 - 1786  (70 years)    Has no ancestors but 92 descendants in this family tree.

Personal Information    |    Notes    |    Event Map    |    All

  • Name Guillaume Henry Bossau 
    Birth Abt 1716  Bayonne, Basses-Pyrennes, France Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Death 26 Jul 1786  Waveren distrik, Suid Afrika Find all individuals with events at this location 
    Person ID I802143  Geneagraphie
    Last Modified 16 Aug 2011 

    Family Martha Maria Cordier,   c. 20 May 1736   d. Yes, date unknown 
    Marriage 15 Oct 1752  Tulbagh, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this location 
    Children 
    +1. Willem Hendrik Boshoff,   c. 21 Jul 1754, Tulbagh, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     2. Johannes Philippus Boshoff,   c. 25 May 1755, Tulbagh, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. 19 Apr 1819, George Find all individuals with events at this location (Age ~ 63 years)
    +3. Jacobus Nicolaas Boshoff,   c. 4 Dec 1757, Tulbagh, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     4. Louis Joachim Boshoff,   c. 18 Apr 1761   d. 1812 (Age ~ 50 years)
     5. Johannes Josephus Boshoff,   c. 31 Jul 1763, Stellenbosch, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     6. Jacobus Petrus Boshoff,   c. 10 Mar 1764, Stellenbosch, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     7. Martha Maria Boshoff,   c. 3 Jul 1767, Stellenbosch, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     8. Christiaan Coenraad Boshoff,   c. 25 Sep 1768, Stellenbosch, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. Yes, date unknown
     9. Petrus Heronimus Boshoff,   c. 6 Oct 1771, Swellendam, Kaap, Suid Afrika Find all individuals with events at this locationd. 24 Feb 1841, Mosselbaai Find all individuals with events at this location (Age ~ 69 years)
     10. Elizabeth Maria Margaretha Boshoff,   c. 9 Nov 1777   d. Yes, date unknown
    Family ID F355048  Group Sheet  |  Family Chart
    Last Modified 16 Aug 2011 

  • Event Map Click to hide
    Link to Google MapsBirth - Abt 1716 - Bayonne, Basses-Pyrennes, France Link to Google Earth
     = Link to Google Earth 
    Pin Legend  : Address       : Location       : City/Town       : County/Shire       : State/Province       : Country       : Not Set

  • Notes 
    • SA STAMOUERS:

      Stamvader Willem Hendrik (Guillaume Henry) BOSSOU - the surname later became BOSHOF - came to South Africa on 18 March 1741 from Bajonne in France. However, according to J A Heese - Familia no 2/1986- Willem signed up for service with the VOC in Amsterdam. On 27 October 1740 he boarded the 'Ruijven' at Texel and left for Batavia, he was ab arquebusier. When the Ruijven sailed into the Cape for provisions there were 28 sick passengers on board. Willem was so sick that he had to remain in hospital when the boat left for Batavia. On 15 October 1752 he married Martha Maria CORDIER who was baptised on 20 May 1736 - daughter of Philippus Cordier and Elisabeth Malherbe. Willem was a black smith and a burger of Swellendam. Willem and Martha had ten children.

      CHILDREN
      b1 Willem Hendrik baptised 21 Jul 1754, X 12 Nov 1775 Lea Magdalena Barnard
      b2 Johannes Philippus baptised 25 May 1755
      b3 Jacobus Nicolaas 4 Dec 1757, X 20 Apr 1783 Regina Catharina Rog
      b4 Louis Joachim baptised 18 Apr 1761, X Martha Magdalena Cordier
      b5 Johannes Josephus baptised 31 Jul 1763
      b6 Jacobus Petrus baptised 10 March 1764
      b7 Martha Maria baptised 2 Nov 1766, X PC Pelser
      b8 Christiaan Coenraad baptised 25 Sep 1768
      b9 Petrus Hieronimus baptised 6 Okt 1771, X 2 Feb 1794
      b10 Elizabeth Maria Margaretha baptised 9 Nov 1777, X JJ Kemp

      Sources:
      de Villiers and Pama, Genealogies of old S A Families 1981
      Heese and Lombard
      JA Heese, "Die Stamvader van die Boshoffs in Suid-Afrika" Familia XVI 1979 no 1
      Precis of the Archives of the Cape of Good Hope (requesten/Memorial) vol 1 p 82

      Thanks to research by:

      Thanks to submissions by:
      Mark Barker mabarker@mweb.co.za

      BOSHOFF WEB:

      'n Mate van onsekerheid bestaan vandag onder die Boshoffs en selfs historici oor die Franse afkoms van die Boshoffs. Algemeen is aangeneem dat die stamvader Henri Guillaume Bossau, 'n Hugenoot was, afkomstig van Bayonne in die Suide van Frankryk. Maar die stamvader het eers in 1741 aan die Kaap geland en kon dus klaarblyklik nie 'n Hugenoot gewees het nie. Sy naam verskyn ook nie in die registers van die Hugenote museum in Franschhoek nie.

      Daar word ook nie melding gemaak van die Boshoffs in die boek van M. Boucher "French Speakers at the Cape" nie In 1985 is by Bayonne se Munisipale Biblioteek (Bibliotheque Municipale Bayonne) navraag gedoen of daar enige verwysing na Bossau en/of Boshoff in amptelike dokumente gevind kan word tussen die jare 1680 en 1730. Die navrae het niks opgelewer nie, behalwe dat die inligting verkry is dat Bayonne in die sewentiende en agtiende eeue ‘n baie bekende sentrum vir die vervaardiging van vuurwapens was.

      Daar is dus heelwat gegewens wat die opvatting dat die Boshoffs oorspronklik Frans was, weerspreek. Trouens, Boshoff is 'n Nederlandse van en daar is tans nog steeds Boshoffs wat in Nederland woonagtig is. Die Boshoff-wapen wat hier te koop aangebied word, is Nederlands en daar is 'n Boshoff-weg wat teruggevoer kan word tot die sestiende eeu. In sy boek "South African Surnames" beweer Eric Rosenthal dat Boshoff die naam van 'n plek in die provinsie Limburg, Holland is. Voorts, moet daarop gewys word dat die register van die skip “Ruyven", waarmee die stamvader aan die Kaap aangekom het, slegs melding maak van Willem Hendrik Boshoff ("van Bayonne") as een van die bemanning. Daar was nie 'n Henri Guillaume Bossau aan boord nie.

      Mnr. Theo Boshoff van Amstelveen, Holland, is verantwoordelik vir die inligting oor die Boshoffs in Holland, insluitende die geskiedenis van die Kasteel Coldenhove en die papiermeulens by die spruitjie met dieselfde naam. Uit hierdie gegewens is dit heeltemal duidelik dat daar in die sestiende en sewentiende eeue Boshoffs in Holland gewoon het. Ek is baie dank verskuldig aan Mnr. Theo Boshoff vir hierdie inligting.

      Die familie Boshoff het hulle aan die begin van die sestiende eeu op die Veluwe gevestig (in die provinsie Gelderland). Herman Van Boshoff wat getroud was met Jutte Isern was ten tye van sy huwelik die koster van die St. Walburgis-kerk in Zutphen. In 1503 het Herman Van Boshoff 'n stuk grond in die Veluwe gekoop; en ook 'n kasteel van die hertog Karel Van Gelre. Herman Van Boshoff is op 26 November 1504 oorlede, en sy seun Gerrit is getroud met Christina Berck. Hulle het drie kinders gehad; Hendrick, getroud met Sophia Goltstein; Herman, getroud met Maria Momm; en Aleid, getroud met die burgemeester van Arnhem, Wynand Van Hackfort.

      In 1611 het 'n kleinseun van Gerrit en Christina die eienaar van die landgoed en die kasteel Coldenhove geword, Volgens die regsargiewe van die Veluwe het die landheer Henrick Van Boshoff en sy vrou Margaretha Van Leeffdael die volgende eiendomme gekoop: Die landgoed en die kasteel Coldenhove en sy meule; sekere regte in Dieren, Eerbeek, Loenen, Rosendael en Zuyren; en die Kasteel Gijsbertsslach. Die Landheer Christoffel Van Gelre en sy moeder Gertruit Van Steenbergen was die verkopers van die eiendomme. Met die aankoop van Coldenhove en die regte op lopende water in die gebied en ook as gevolg van hulle verbintenisse met die Hackforts, het die Boshoffs meulens gebou en verhuur.

      In die sewentiende eeu was die Boshoffs dus heel suksesvolle sakemanne en grondeienaars in die provinsie Gelderland, maar teen die einde van die eeu was die omstandighede nie meer so gunstig nie. In1700 is Coldenhove aan Ds. Johannes Henricus Lulofs, die plaaslike predikant van Steenderen, verkoop. Dit is besonder interessant om daarop te let dat die transaksie, volgens beskikbare dokumente, aangegaan is as gevolg van 'n opdrag van die koning van Groot Brittanje. Hoe dit gekom het dat sy majesteit by so 'n transaksie in Nederland betrokke geraak het, kon nie vasgestel word nie.

      In die Rijksarchief in Den Haag is daar planne om Coldenhove in 'n plesieroord te omskep. Daar het egter niks van gekom nie, want die kasteel het afgebrand. Al teken wat daar vandag nog bestaan dat die gebied jare gelede verbind was met die Boshoffs is 'n pad wat na die plek waar die kasteel Coldenhove gestaan het, lei, met die naam Boshoff-weg.

      Mnr. Theo Boshoff het in sy navorsing die gesagsketting van die burgermag van die dorpie Vierakker ontdek. Die Boshoffs se familiewapen vorm 'n deel van die ketting. Aan die agterkant van die wapenstaan die woorde:

      'COENRADUS JACOBVS VAN BOSHOFF HEER TOT ZUYPHUSS EN DE HAGEN ANNO 1662 DEN 2 JUNY".

      'n Voël wat op 'n klein takkie sit, is vasgeheg aan die ketting. Die Boshoff- en Goltstein-familiewapens verskyn onderskeidelik links en regs op die voël se bors. Onderaan die wapens staan in Romeinse hoofletters geskrywe

      "HENDERICK BOSHOFF TOT ZWIERES."

      Elke jaar op 2 September is 'n kermis naby die herberg in Vierakker gehou. By die geleentheid het mense na 'n voël wat uit hout gesny was, geskiet. Die persoon wat die laaste deel van die voël weggeskiet het, is as koning gekroon en hy het dan die ketting kon dra vir die dag. In 1911 is die kermis vir die laaste maal gehou in Vierakker, en die burgermag wou toe die ketting verkoop en die geld onder hulle verdeel. Die burgemeester van Warnsveld, Baron Van Nagel, het egter voorgestel dat die ketting aan die munisipaliteit van Warnsveld geskenk word om te bewaar as 'n aandenking aan die kermis. So het die ketting met die Boshoff-familiewapen bewaar gebly.

      DIE STAMVADER BOSHOFF AAN DIE KAAP

      Willem Hendrik Boshoff (Henri Guillaume Bossau) die stamvader van die Boshoffs van Suid-Afrika, het op 18 Maart 1741 aan die Kaap geland. Hy was een van die bemanning van die skip "Ruyven". Op bladsy 58 van die skeepsjoernaal verskyn die naam van Willem Hendrik Boshoff, van Bayonne (K.A. Scheepssoldijboeken, Amsterdam 640). Die bevelvoerder van die "Ruyven" was Bernardus Heymans. Op 27 Oktober 1740 het die skip die Texel verlaat, op weg na Batavia. Die vaart was rampspoedig, en by die aankoms aan die Kaap was 63 passasiers en bemanning reeds dood, en 28 was siek. Die kaptein het geweier om die siekes met hom saam te neem en hulle het dus aan die Kaap agtergebly. Willem Hendrik was vermoedelik een van die siekes wat agtergebly het.

      Willem Hendrik het na sy herstel in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie getree, en was agtereenvolgens grofsmid, slotmaker en wapensmid. Kort na sy aankoms het hy 'n getuigskrif aangevra bydie gemeente in Europa waar hy lidmaat was. Die getuigskrif, gedateer 25 April 1742, was afkomstig van die Franse gemeente te Altona, naby Hamburg. Daarin word slegs gemeld dat hy uit Frankryk by die gemeente aangesluit het, en dat hy twee jaar tevore vertrek het nadat hy vier jaar in hulle midde was. Geen melding word gemaak van Bayonne nie. Die dokument was in Frans opgestel, en is later inNederlands en Engels vertaal. Henri Guillaume Bossau was waarskynlik die name waaronder hy by die Franse bekend was. As in aanmerking geneem word dat hy by die Kaapse owerhede bekend was slegs as Willem Hendrik Boshoff, dan moes hy 'n verduideliking van die verskil in benaming gegee het wat beide Kerklike en staatsinstansies bevredig het.

      Bayonne was gedurende die sestiende en sewentiende eeue bekend vir die vervaardiging van kleingewere en handvuurwapens. Die woord “bajonet" toon die verband met Bayonne aan. Dit is dus moontlik datWillem Hendrik daarheen is om sy ambag te beoefen, en toe daarvandaan na Duitsland (Hamburg) verhuis het. Ekstensiewe navorsing kon egter geen dokumentêre bewys oplewer dat die van Boshoff voorheen Bossau was nie.

      In die Nederduitse Gereformeerde Kerkargief in Kaapstad verskyn twee baie interessante inskrywings in 'n doopregister uit die agtiende eeu (F.G. 18/3 1743 tot 1756). Die eerste een is gedateer 28 Maart 1745 en is die naam van 'n seun, Willem Lodewyk. Die vader word aangegee as Willem Hendrik Boshof en die moeder is Cornelia Cokkie. In die register word dit opgeteken dat die kind buite-egtelik gebore is. Die tweede inskrywing (Sophia Margaretha) is gedateer 21 Januarie 1748. Die ouers is Willem Hendrik Boshof, die vader, en Cornelia Cockzaaya, die moeder. Daar was indertyd heelwat werknemers van die Kompanjie wat kinders by slavinne gehad het.

      In 1749 het Willem Hendrik sy ontslag uit die diens van die Kompanjie op eie versoek verkry om ‘n vryburger te word. Dit is toegestaan met die voorwaarde dat hy geen grond wat aan die Kompanjie behoort as sy eiendom sou kon verkry nie. Verder het hy toegestem dat die Kompanjie hom enige tyd sal kan oproep om diens te doen onderhewig aan die vorige diensvoorwaardes, indien sy dienste nodig sou blyk te wees; of, alternatiewelik, indien sy gedrag onbevredigend sou wees. Die akte van ontslag is deur die Goewerneur Swellengrebel, by die kasteel in Kaapstad op 7 Augustus 1749 onderteken. Die oorspronklike van hierdie dokument het ek deur my niggie, Sherryl Healey (Registernommer 13131171) gekry, en dit aan die Staatsargief in Kaapstad oorhandig vir bewaring. (ACC 2285) Willem Hendrik se naam verskyn vir die eerste maal op die rol as Vryburger te Swellendam op 16,17 en 18 Maart 1750.

      Drie belangrike dokumente verwys na hom as Willem Hendrik Boshof(f) "van Bayonne"…die register op die skip "Ruyven" waar hy 'n lid van die bemanning was; die akte van ontslag van 7 Augustus 1749; en die twaalfde inskrywing in die huweliksregister van Tulbagh, waar by op 15 Oktober 1752 in die huwelik bevestig is. Dit lui soos volg:

      "15.10.1752 Willem Hendrik Boshof van Bayonne, burger van
      Swellendam, Jongman, met Martha Maria Cortje van Cabo de
      Goede Hoop, jonge dogter."

      Die van Boshoff word soms met een F gespel en soms met twee. In die akte van ontslag word die van met twee gespel, so ook in die lys van die name van die bemanning van die skip "Ruyven" In die huweliksregister word dit egter met een F gespel.

      Martha Maria Cortje (Cordier) was van Franse afkoms. Haar grootouers aan vaderskant was Louis Cordier en Francoise Martinet, wat in 1688 aan die Kaap geland het. Willem en Martha het 10 kinders gehad, en net een, Louis, het 'n Franse naam gehad…Louis, Martha se grootvader. Hierin is 'n verdere bewys dat die Boshoffs Nederlanders was.

      Die getuies by die doop van Willem Hendrik en Martha Maria se eerste kind is interessante leesstof (Doopregister, Tulbagh, 1700 tot 1800, nr. 657). Die eerste getuie is klaarblyklik 'n familielid van Martha Maria. Die tweede getuie is egter meer problematies…'n vrou, Margaretha Wendelina Boshof. Geen ander Boshoffs kon in ander dokumente en registers aan die Kaap opgespoor word nie. Daar kan dus aangeneem word dat 'n persoon gevra is om as plaasvervanger op te tree vir 'n familielid in Europa by die doopplegtigheid.

      Margaretha Wendelina Boshof kon dus Willem Hendrik se moeder of suster gewees het. Dit is egter van belang om daarop te let dat die van opgegee is as Boshof en nie as Bossau nie.

      In aantekeninge wat aan my gestuur is deur Mnr. Theo Boshoff van Holland, word melding gemaak van 'n sekere Hendrik Boshoff wat op 27 Desember 1669 met Johanna Eleonora Van Eck getroud is. Een van hulle kinders is Hendrik gedoop en 'n ander Wendelina. Dit is moontlik dat Willem Hendrik van hierdie familie afgestam het, maar geen dokumentêre bewys kon daarvoor gevind word nie.

      Die inligting oor die eerste Boshoff-gesin aan die Kaap is maar skraal, en word gevind in dokumente van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, kerklike registers, soos doop- en huweliksregisters, sterftekennisgewings en enkele permitte wat uitgereik is. Twee sodanige permitte kan in die Staatsargief in Kaapstad gevind word, en is gedateer 1785 en 1790. Albei is uitgereik aan Jacobus Nicolaas Boshoff, 'n seun van die stamvader en wat aan hom weidingsregte verleen op twee afsonderlike plase. Die eerste is uitgereik op 7 April 1785 (R.L.R. 33) vir die plaas "Rady", en die tweede uitgereik op 20Maart 1790 (R.L.R. 36) was vir die plaas "Duinzicht" wat geleë was by die Gouritzrivier in die Mosselbaai-gebied. Laasgenoemde permit verklaar dat die weduwee van Willem Hendrik Boshoff Senior nog op die plaas woonagtig is. Dit wil dus voorkom dat Willem Hendrik toe reeds oorlede was. 'n Baie ou kennisgewing in die Staatsargief in Kaapstad (M.O.O.C. 611 Vol 2 Bladsy 120) meld dat Willem Hendrik Boshof in Julie, 1786 oorlede is. 'n Inskrywing in die sterfte-register van Tulbagh wat in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se argiewe in Kaapstad is (F.G.4/1) lui soos volg:

      "Anno 1786…July ---: Willem Boshoff de Oude”

      Vermoedelik was dit Willem Hendrik Boshoff die stamvader aan die Kaap.

      Tydens 'n besoek aan die Kaap in 1984 het my man en ek daarin geslaag om “Duinzicht" te vind. In die staatsargief in Kaapstad het ons die plaas op 'n vroeë kaart van die Afdeling Mosselbaai gevind (M. 3/1709 - 37). Die plaas is duidelik afgebaken op die kaart naby die Gouritzrivier; ook die buurplaas "Droogefontein”. Laasgenoemde plaas word genoem in die sterfkennisgewing van Petrus Herodius Boshoff, die jongste seun van Willem en Martha. Hy is op 24 Februarie 1841 oorlede op die plaas "Droogefontein", in die veldkornetskap Mosselbaai. Benewens sy plaas, het hy ook enige beeste, 'n huis en 'n wa nagelaat (C 6/9/23 41919). Skynbaar was daar tekens van 'n ou woonhuis op die plaas, maar die gebied het 'n kusoord geword, "Danabaai". Alle oorblyfsels van ou geboue is verwyder.

      “Duinzicht" is 15 km. vanaf Mosselbaai op die pad na Albertinia geleë. Die naam van die plaas is besonder gepas. In die noorde is die indrukwekkende pieke van die Outenikwa bergreeks, en in die suide is die golwende duine sigbaar tot by die see. Uit die Akte van Ontslag is dit duidelik dat die stamvader nie by magte was om die grond van die Kompanjie op te eis nie, en dat hy bestaan moes gemaakhet op 'n plaas wat aan ‘n ander persoon moes behoort het. Sy seuns sou dus aansoek moes gedoen het om eers weiregte te verkry, voor hulle grondbesit sou kon kry.

      Tot onlangs het die Pienaar-familie op die plaas gewoon, en dit was in vier dele verdeel. Vier geslagte Pienaars het reeds op die plaas gewoon, en die huidige eienaar, Mnr. Hendrik Pienaar, was besonder hulpvaardig. Dit is ook toevallig so dat Mev. Pienaar se nooiensvan. Boshoff was (Nommer 113313822). Hulle was egter heeltemal onbewus van 'n vroeëre verband tussen die plaas en die Boshoffs. Die woning was geleë langs die ou pad na die Kaap, wat deur die plaas geloop het. Deur die jare is stukke porselein, pottebakkery, baie handgemaakte perdeskoene en ook oorblyfsels van ou vuurwapens uitgeploeg. Die Pienaars het geglo dat die persoon wat die ou woonhuis bewoon het, nie net 'n grofsmid moes gewees het nie, maar ook 'n bedrewe geweermaker was. Die artikels wat so aan die lig gekom het, dui daarop dat die bewoner van die huis gewere herstel het en perde beslaan het. Volgens beskikbare gegewens was dit juis die soort werk wat Willem Hendrik Boshoff Senior gedoen het. Mnr. Pienaarhet aangedring dat ons 'n snellerbeuel van geelkoper as geskenk moet aanvaar. Hy het dit op die plaas gevind, en ‘n gesaghebbende van die Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese museum in Kaapstad het vasgestel dat dit uit die tweede helfte van die agtiende eeu of die vroeë negentiende eeu dateer. Dit was nog tydens die Groot Trek in gebruik.

      Voor ons vertrek het Mnr. Pienaar ons na die plek waar die ou woonhuis gestaan het, geneem. Daar naby was tekens sigbaar dat klei daar uitgegrawe is, waarskynlik om as boumateriaal te gebruik. Plat klippe is ook gevind, wat aandui dat die fondament van klip moes gewees het. Die Pienaars het nog nooit daar geploeg nie, omdat hulle gemeen het dat daar ‘n ou begraafplaas was. Dit is moontlik datdit die rusplek is van sommige van die eerste Boshoffs in ons land.



Home Page |  What's New |  Most Wanted |  Surnames |  Photos |  Histories |  Documents |  Cemeteries |  Places |  Dates |  Reports |  Sources